Search

Skimmelberg Nuusflits

Skimmelberg Buchu en Rooibos is in 2007 gebore, toe hulle ‘n behoefte aan verwerkte/verpakte boegoe in die mark raakgesien het.  Hulle hoofvertakking is organiese boegoe.  Organiese Rooibos, Sitrus, Camomile en ’n paar ander olie-variteite word ook verbou.  Skimmelberg het begin deur boegoe te verwerk vir die buiteland en daarna het Rooibos en die ander produkte gevolg.  Die dienste wat Skimmelberg aanbied is die verwerking, sterilisering, verpakking van grootmaat tee sowel as teeboksies, die distillering van veral boegoe-olie, asook ander olie-variteite en die verwerking van boegoeblare vir verpakking. 





Onder ons groep van maatskappye, is ons een van die eerstes om ’n bioprospekterings-permit te ontvang in 2013, en die eerste om ’n Boegoe BSA (“Benefit Sharing Agreement”) met die San en die Khoi-Khoi gesamentlik te sluit. Hiermee word erkenning gegee aan die San en die Khoi-Khoi as die regmatige eerste inwoners van Suid-Afrika, en hulle besondere tradisionele kennis rakende die boegoeplant. In 2019 is ’n soortgelyke Rooibos “Benefit Sharing Agreement” met die San en die Khoi-Khoi gesluit.


Hulle het ook onlangs begin om die sitrus organies te verbou, Ria hoop dat hulle binne die volgende 2 jaar alle gewasse op die plaas organies sal kan verbou. Ek vra haar hoekom organies vir hulle so belangrik is “Ek weet organiese boerdery kan nie ’n wêreld voed nie, maar ons het defnitief ’n holistiese benadering tot die verbouing van ons gewasse. Vir ons is die bewaring van ons natuur, die fauna en flora en omgewing belangrik en ons fokus daarop om volhoubaar saam met die natuur te boer. 


Hul seun Jan-Hendrik het in 2017 by hulle aangesluit.  Hy is  verantwoordelik vir die produksie en vir alle nuwe ontwikkeling, lees meer oor hom in ons “Leer-Ken-Ons-lede” artikel.Ria se gunsteling koppie rooibostee is die Groen Rooibos met Earl Grey. Sy erken dat Skimmelberg elke dag iets nuuts oplewer, maar sy geniet die ontwikkeling van nuwe mengsels die meeste. Skimmelberg doen ook kontrakverpakking en nuwe boegoe/rooibos mengsels word in samewerking met kliënte ontwikkel. Skimmelberg se teikenmark is gesondheidswinkels en apteke en hulle handelsnaam is plaaslik by Velskoendraai te koop. Die produk is ook by Takealot beskikbaar. Hulle werk tans hard aan hul eie aanlynwinkel - hou die spasie dop!   Boegoe en rooibos grootmaat uitvoere word na lande soos die VK, VSA, Europa en die Midde-Ooste gedoen.  Hulle verskillende kleinhandel boksies is ook in verskeie Europese lande beskikbaar.


 In 2010 raakBuchuLife, wat veral fokus op die medisinale voordele van boegoe deel van die groep. Sedert 2012 is Skimmelberg Fynbos Olies ook deel van die groep maatskappye en hulle werk nou saam deur verskillende fynbosolies te distilleer.


Ria se raad aan persone wat hul eie besigheid wil begin: “Maak seker daar is ’n mark vir jou idees. Fokus en gaan voluit, moenie moed opgee nie. Soms gaan dit voel of jy dag en nag werk. Die dae en ure is lank maar aan die einde is dit alles die moeite werd.  Gee jouself ten minste 3 jaar kans om jou droom in ‘n werklikheid te omskep..”

7 views
  • Facebook
  • Instagram

©2020 by Skimmelberg